Tuisdorp
Cape Town
Skool
President
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het baie lank gesoek vir iets wat skree nelly!! Ek het iets gesoek wat sê that's me, maar die winkels het niks gehad wat my oog gevang het nie. Ek het 2 maande voor my matriekafskeid nog steeds nie a rok gehad nie,ek was bekommerd dat ek nie betyds een sal kry nie of glad nie een sal hê nie. Ek het af gekom op a vroutjie in die gemeenskap (Hillary) wat my gedagte n werklikheid gemaak het. Dit was alles waarvoor ek kon wens en meer en dit het definitely nelly geskree.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Vandat ek n Jong meisie was het ek geweet ek soek n rok wat niemand anders sal hê nie, iets wat uit staan maar nog steeds elegant is. Ek is n bitter baie skaam persoon en ek wou iets hê wat meer vertroue kon skep. Ek is baie lief daarvoor om my vrye tyd te spandeer in die natuur en ek wou hê my rok moes dit simboliseer. Die skoonheid van die natuur skep die in druk van vryheid en beter dae wat voorlê na elke storm ,en dit was die gedagte agter my rok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my die einde van n Era, elke keer as ek my rok sien gaan ek al die moeilike tye onthou en al die goeie tye. Vyf jaar van hoër skool het nie maklik gekom nie "high school musical "maak dit baie maklik lyk. Elke keer as ek my matriekafskeidrok sien gaan ek onthou hoe hard ek gewerk het om te presteer en my self op te bou. My rok is soos a trofee vir my en ek wil dit net vir almal wys.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Was om al my klas maats te sien hoe ver almal gekom het en hoe hard almal gewerk het om hier uit te Kom. Die hoogtepunt vir my was toe ek besef na vyf van mekaar amper elke dag sien dat almal hier na hulle eie paaie van die lewe gaan stap en van ons gaan nooit weer mekaar sien nie. Dit was dit laaste aand want ons gesien word as "kinders" en na dit is ons deel van die groot mens wêreld.
Planne vir na matriek
Die dag wat ek uit die eksamen lokaal uit stap op 25 November 2025 begin my 5 jaar plan. Ek beplan om vir 6 maand vir my suster te gaan kuier in Europa, van daar af gaan ek werk in die rigting om eendag my eie bakkery oop maak in London . Ek wil Suid afrikaanse soet goed daar verkoop en n stukkie van Suid afrika oor vat saam met my.
Gunsteling woord in Afrikaans
Rooi tapyt
Datum van matriekafskeid
2025-09-26