Elle Thomson
Hoërskool Montana
Tuisdorp
Rawsonville
Skool
Hoërskool Montana
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Lizel-Mari van Straaten
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was nog nooit iemand wat gegaan het vir iets plain, of iets wat in die mode is nie - Ek gaan gewoonlik vir die prinses rokke of die fairytale vibes. Dis presies wat Ek met my rok wou hé. Ek het klomp idees gevat en dit vir my ontwerper gewys en sy het letterlik my rok tot die lewe gebring. Ek wou voel soos n feetjie met n bietjie van n country vibe en dit is wat dit op die Ou end was, die sagte Blommetjies wat versprei was oor die rok en die blinker detail, te same die drie verskillende kleure wat oor mekaar gevleuel was, het dit alles tot lewe gebring.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek is ongelooflik lief vir my rok! Dit is letterlik my droom matriek afskeid rok wat waar geword het! My ontwerper het n klomp idees wat Ek haar gegee het, uit die lug gehaal en dit in een asemrowende rok in gemaak. Van die hoepel romp met volume, die oop rug illusie met die deursigtige panneling en die fyn detail, waar sy die blommetjies self bymekaar gestik het, sowel as die donker bruin, stowwerige pienk en die gebrande roes rooi kleur - dit was alles en meer waarvoor Ek ooit kon vra!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die foto’s wat Ek en my paartjie geneem het! Ek voel dit pas ons hele vibe so goed, en dit het die aand net werklik gemaak soos wat ons ook self met ons Cruiser by die matrieks afskeid venue opgetrek het! Dit het werklik gevoel soos n hoofstuk wat nou finaal afsluit op die prefekte manier.
Planne vir na matriek
Ek beplan om BA Geesteswetenskap met sielkunde as hoofvak by Stellenbosch te gaan studeer.
Daarmee wil Ek eendag of in die opvoedkundige sielkunde rigting ingaan, of in die forensiese/Kriminele sielkunde rigting!
Gunsteling woord in Afrikaans
Mosreën
Datum van matriekafskeid
2025-10-03