Tamzin Eales
Hoërskool Zwartkop
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
“Genade”
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok was ’n kombinasie van my eie hart en die ongelooflike ondersteuning van my Ma. Ons het maande lank saam idees gesoek en gesels oor wat ek rêrig wou hê – iets wat nie net mooi lyk nie, maar my ook laat voel soos die beste weergawe van myself.
Ek was van die begin af vasbeslote dat my rok tydloos en elegant moes wees, met ’n moderne element wat my unieke persoonlikheid weerspieël. Ek wou iets dra wat my vroulikheid, selfvertroue en my eie styl verteenwoordig, ‘n rok wat nie net elegant is nie, maar vol betekenis – en “eie” aan my!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok beteken vir my baie meer as net mode of ’n mooi ontwerp – dit verteenwoordig ’n deel van wie ek is. Wanneer ek dit dra, voel ek nie net mooi van buite nie, maar ook sterk en seker van wie ek is. Die koninklike blou kleur herinner my aan waardigheid, innerlike krag en kalmte. Die styl daarvan laat my voel soos ’n vrou wat met selfvertroue en grasie haar eie pad kan stap.
My rok is vir my ’n simbool van groei, van oorgang van meisie na jong vrou. Dis die resultaat van liefde, geduld en kreatiewe uitdrukking. Elke lyn en detail dra ’n stukkie van my droom – en elke keer as ek daarna kyk, sal dit my herinner aan hierdie ongelooflike, lewensveranderende mylpaal.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04