Heike Beyers

Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Glimlag

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die kleur was dat ek nog altyd op my mooiste gelyk het in rooi met my blas vel. Dis asof die kleur my beeldskoonheid net meer uitgestraal het. Die ontwerp het ek vanaf 'n trou rok gekry en het dadelik geweet ek moes dit gebruik en hier en daar bietjie verander om dit my eie te maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hierdie rok was vir my so 'n spesiale herinnering wat ek altyd sal onthou en wat my Matriekafskeid besonders gemaak het. Dit was nie net enige rok wat ek by 'n winkel gekoop het nie. Ek het self hierdie rok ontwerp so dit is uniek vir my gemaak en het soos geen ander meisie se rok gelyk nie. Op hierdie rok se bostuk is elke blommetjie en blaartjie met die hand vasgewerk wat dit nog meer spesiaal maak. Die waarskynlikheid wat die meisies dieselfde rok of ontwerp by 'n winkel kan kry is baie groot maar om my tipe rok te kry is onmoontlik so dit was vir my 'n groot eer omdat ek hierdie rok my eie kon maak.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media