My matriekafskeidrok weerspieel my persoonlikheid, ek is saggeaard, daarom het ek die kleur só gekies. Die korter rokkie onder met die wyer rok bo-oor kan ek afhaal. Ek het dit só gekies want dis n veeldoelige rok, ek sal dit na n meer informele geleentheid kan aantrek. Dis basies n 2-in-een.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok weerspieel my persoonlikheid, ek is saggeaard. Die 2-in-een (kort rokkie met n lang wyer rok bo-oor) sinspeel daarop dat ek n baie praktiese mens is. My bypassende skoene (sneakers met blou lint) was n gewaagde besluit, wat daarop dui dat ek avontuurlustig is en berekende risiko’s vat. Ek het baie komplimente daaroor gekry!!