Kara Theunissen
Hoërskool Durbanville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Dagdroom
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir hierdie rok kom uit die idee van tydlose elegansie met ’n tikkie dromerige luuksheid. Ek wou iets hê wat sag, maar tog opvallend is - iets wat lig en beweging het, amper soos goudstof wat in die lig dans. Ek wou hê die rok moet saam met my beweeg en nie net aan my hang nie. Die romerige basis met goue aksente weerspieël ’n sagte glans, terwyl die vere aan die onderkant ’n gevoel van beweging en vryheid bring. Die oop rug en klein sleepie gee dit ‘n moderne tog elegante gevoel. Elke element is gekies om ’n gevoel van selfversekerde vroulikheid te skep - dis net ek, gemaklik, glansend en heeltemal in my eie element!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Hierdie rok is vir my soos 'n opsomming van my hele skoolloopbaag - alles wat ek was, alles wat ek geword het, en alles wat ek nog wil wees. Dis meer as net 'n outfit; dis 'n gevoel. Toe ek die rok op die dag aantrek, het ek selfversekerd en mooi gevoel op my eie manier, en trots op hoe ver ek gekom het. Dit laat my dink aan elke laatnag wat ek voor die boeke gesit het en elke lag met my vriende totdat ons maë pyn. Hierdie rok is my "ek het dit gemaak"-oomblik. Dis my kans om met glans en grasie te sê: dit is ek - sonder om iemand te probeer wees wat ek nie is nie.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-02