Nikayla Ferris
Goudveld Hoerskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Samesyn-die mooi gevoel van saamwees met mense.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Openbaring 7:14
Ek glo ek is n siel uit die 80s vasgevang in n 18 jarige liggam. My korset is geinspireer deur daardie era.Aanvanklik het ek net vir my ontwerper die besonderhede gegee van die tipe rok.
Die korset was n moet,maar ek was vasbeslote op n lang sleep,styfpassende rok met n skeur. My ontwerper het n paar sketse gemaak en na lank soek op n kleur het ek besluit op wit as my finale keuse. Die kleur van my rok is opgedra aan my oorlede vriendin Serena De Sousa wat tragies haar lewe verloor het op 4/7/2025 in n huisbrand. Hierdie skrif het met my geresoneer, want sy sou nooit die kans kry om n bruid op aarde te wees nie. Daarom was my hele MD-dag in viering van haar hemelse lewe.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My Matriekrok is volledig ontwerp ter ere van my oorlede vriendin,Serena De Sousa.(10/11/2007-4/7/2025)
Die lewe is kort, kosbaar en more is nooit belowe nie-leef elke dag ten volle en laat n onvergeetlike nalatenskap agter.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-17