Monja Combrinck

Overkruin Hoërskool

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Overkruin Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ontwerp deur Claris by Gerrit Pienaar.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Dit was n unieke styl en kleur en pas by my persoonlikheid. Ek hou van uitstaan en anders wees.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Boere meisie met n twist. Ek is 90% van die tyd in my kortbroek, kaalvoet tussen die perde en die honde. My rok is n toonbeeld van my vroulikheid wat net so kan sprankel soos die kaalvoet meisie op die plaas.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die reaksies toe mense die Toyota Landcruizer sien waarin ons gery het, en die groter reaksies toe almal wat my ken my in hierdie pragtige rok sien met die hare mooi gedoen en die gesiggie mooi opgemaak.

Planne vir na matriek

Gaan bietjie tyd aan my perd spandeer en asem haal voor ek my voete vind in die groot mens wêreld. Ek gaan my tyd vat voor ek n defnitiewe besluit neem oor my toekoms.

Gunsteling woord in Afrikaans

"Ek sal nou"

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media