Ek het oorspronklik 'n ander idee in gedagte gehad, maar het bietjie gesukkel om die regte materiaal daarvoor te vind. Ek moes toe vinnig aan 'n ander idee dink, en Valencia het my gehelp om hierdie spesifieke rok te ontwerp. Ek het emarald groen as my rokkleur gekies, maar die rok ontwerk was bietjie eenvoudig, en ek wou iets gehad het wat uitstaan. Dit het my die idee gegee om die voering van 'n helder, bont materiaal te maak. Dit was definitief 'n waagstuk om 'n veelkleurige materiaal te kies, maar dit was beslis die moeite werd!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek is nie bang om van die gebaande pad af te wyk nie, maar volg my eie innerlike kompas.Die bont, kontrasterende voering is 'n perfekte uitbeelding daarvan. Dit was buitengewoon, enhet baie aandag getrek. Dis beslis nie iets wat iemand vinnig sal vergeet nie!