Ek het my eie rok gekies.
Ek het ń prentjie gehad en tannie Jaqueline het hom vervolmaak!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok is ń getuienis!
Daar was soveel teenkanting…
Die eerste keer toe ons Klerksdorp toe gery het, het ń slaggat my Ma se bakkie se wiel gesny..
Ons het met ń papwiel by ń garage gestaan waar “Engele” ons gehelp het!
Die volgende uitdaging, die materiaal was NIE beskikbaar nie. Tannie Jaqueline moes die “nuwe” lap gekoop het oor ń video wat hulle vir haar gestuur gestuur het.
Die derde uitdaging was toe ons in ń ongeluk was , nadat ek my rok gepas het in Klerksdorp en weer oppad huis toe was na ons plaas , buite Mooinooi.
Die Here het ons bewaar !!