Annel Stander
Durbanville Hoërskool
Tuisdorp
Durbanville
Skool
Durbanville Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur my ma se vriendin, Leandé, en haar ongelooflike span dressmakers. Al van dat ek ses jaar oud was, het sy gesê sy gaan eendag my matriekafskeidsrok maak – en sy het haar belofte gestand gedoen. 🌸
Vir haar, met haar drie wilde seuns, was ek altyd haar “naaste ding aan n dogter” – haar kans om iets delikaat en besonders te skep. Sy werk by die Cape Town Film Studios, en toe ek haar vertel van my droomrok, het sy en haar span sonder huiwering ingespring om dit tot lewe te bring.
Elke steek, elke vou en elke detail is met liefde en sorg gedoen, en ek kon nie vir ’n mooier rok of vir meer spesiale mense agter die rok gevra het nie. ✨
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my rok het begin toe ek in graad 6 vir die eerste keer die live action Cinderella gekyk het. Van daardie oomblik af het ek geweet — eendag wil ek ook so voel: iets dra wat blink in die son en glinster met elke tree wat ek gee. 🌤️
Jare lank het ek ander meisies se matriekafskeidstyle bewonder, en ook gesien wat soms verkeerd loop — rokke wat te lank is, slits wat opwaai, of iets wat net nie gemaklik voel nie. Ek wou dit anders doen. Ek het gekies vir ’n korter lengte sodat ek nie sou struikel nie, en geen slit nie sodat ek net vry kon beweeg. Ek wou iets hê wat uniek is — iets wat mense twee keer laat kyk. ✨
Toe ek die eerste keer my rok aanpas, het tannie Leandé se oudste seun my aangekyk en gesê: “Wow, Nellie, jy lyk soos Cinderella.” En daardie oomblik het ek geweet — dit is presies wat ek wou hê.
Elke kraaltjie is met die hand opgestik, elke detail met liefde beplan. Hierdie rok is meer as net materiaal — dis ’n droom wat van kleins af gegroei het en uiteindelik waar geword het. 💙
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is meer as net ’n rok — dis ’n storie van drome, geduld, liefde en harde werk. Elke steek en elke kraaltjie dra ’n deel van my reis, en ja… selfs ’n paar trane en sweet.
Die pad om my droomrok te maak was nie altyd maklik nie. Ons moes heeltemal oorbegin nadat die lengte verkeerd was — as jy mooi kyk, sal jy sien daar is ’n double lining onder, omdat lap aan die voorkant aangelas moes word sodat dit by die agterkant pas.
Die korset is ook besonders: dit was oorspronklik deel van my broer se maatjie se ma se trourok, wat sy vir my gegee het nadat ek nie gemaklik gevoel het in die oorspronklike ontwerp nie. Daardie stuk het ’n tweede kans gekry — en dit het my rok net nog meer betekenisvol gemaak.
Die rok is ook gemaak sodat ek ná die dans ’n korter weergawe kon dra vir die after party — een wat bo my knieë kom, maar steeds dieselfde magie het. My rompdeel alleen weeg vyf kilogram, en teen die einde van die aand was my heupe blou van die gewig — maar elke oomblik, elke seer spiertjie, was dit werd.
Hierdie rok is vir my ’n herinnering dat mooi dinge nie altyd maklik kom nie, maar dat drome wat met liefde, deursettingsvermoë en ’n bietjie sprokiesgloed gemaak word, altyd die moeite werd is. ✨
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My matriekafskeid was vir my meer as net ’n aand — dit was die vervulling van ’n droom wat jare lank saam met my gegroei het. Van die oomblik toe ek my rok vir die eerste keer gesien het, tot die laaste dans van die aand, was alles deurweef met liefde, herinneringe en ware geluk.
Ek het ’n paar hoogtepunte gehad wat ek nooit sal vergeet nie — die fotosessies, die lag, die dans, en bowenal, om saam met iemand te gaan wat ek al 11 jaar ken. Van dat ons ontmoet het, het ons altyd gesê ons gaan saam matriekafskeid toe — en om uiteindelik daardie belofte waar te maak, was ongelooflik spesiaal.
Die dans saam my vriende was pure vreugde. Elke keer as ek gedraai het, het my rok soos ’n prinsesrok oopgevou en in die lig geglinster — presies soos ek daarvan gedroom het. Ek het dit so waardeer dat my seunvriende nou en dan gekom het om my rok bietjie op te lig en vas te hou, net om die gewig van my heupe af te haal. Daardie klein gebare het my hart warm gemaak.
Maar my gunsteling oomblik van die aand was toe ek oor die red carpet afloop. Ek kon nie ophou lag nie — die mense se reaksies, die glimlagte, die “wow”-geluide… dit het my laat voel soos die hoofkarakter in my eie sprokie. Die man wat ons name aangekondig het, het selfs gesê: “Sy glinster soos sy langs hom stap.” My gesig het geglinster van geluk, en my rok het in die son geskitter — net soos ek altyd gehoop het dit sou.
Al het my afloop nie perfek gegaan nie — my date het oor ’n rots getrip toe hy my deur oopmaak, en my corsage se blomme het afgeval toe ek die rooi mat betree — sou ek niks verander nie. Dit was my perfekte, onvolmaakte, magiese oomblik.
Planne vir na matriek
Ek het nog altyd ’n groot liefde vir kinders gehad. Al was ek nie heeltemal seker wat ek ná skool wil studeer nie, het ek geweet dit moet iets wees wat met klein kindertjies te doen het. Hulle bring vir my soveel lig, lag en opregte vreugde.
Vir die afgelope paar maande werk ek by ’n klein skooltjie, Kids Republic, waar ek ure insamel om my droom vir volgende jaar moontlik te maak. My plan is om oorsee te gaan en in Nederland as ’n au pair te werk. Ek hoop om deel te word van ’n liefdevolle familie en om met hulle kinders te help en saam te groei om vir hulle dieselfde warmte en veiligheid te gee wat ek self altyd waardeer het.
Terwyl ek daar is, wil ek ook aanhou leer en myself ontwikkel deur aanlyn kursusse in kinderpsigologie te doen. Ek glo dat elke kind uniek is, en ek wil leer hoe om hulle beter te verstaan en te ondersteun ,want om met kinders te werk, is vir my nie net ’n beroep nie, dis ’n roeping. 💕
Gunsteling woord in Afrikaans
My gunsteling woord is “koggel.” Die rede hoekom dit so spesiaal vir my is, is omdat dit ’n inside joke is tussen my en my vriendin. Die eerste keer toe sy vir my sê: “Hou op my koggel,” kon ek nie glo dis ’n regte woord nie! Ek het so gelag en van daardie dag af — in graad 8 — het “koggel” my gunsteling woord geword. Nou gebruik ek dit elke keer as ek die kans kry, want dit herinner my aan ons vriendskap, aan daardie snaakse oomblik, en aan hoe lekker dit is om net saam te lag oor die klein dinge in die lewe. 💛
Datum van matriekafskeid
2025-10-02