Danila Kotzé
Hoërskool Durbanville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Geleentheid
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok is geinspireer deur ‘n ligte pers ballgown wat Taylor Swift gedra het op haar Eras Tour en ‘n matriekafskeidrok wat ek laasjaar gesien het en my hart op verloor het. Ek het nog altyd geweet ek wil my gunsteling kleur (lilac) vir my matriekafskeid dra en met daardie twee rokke in gedagte het ek saam met Ilse Roux my droomrok ontwerp.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My droom was om soos ‘n prinses te voel die aand wat ek daai rok aantrek en elke liewe verwagting wat ek gehad het, was oortref. My rok was perfek volgens die prentjie in my kop. As iemand vandag vir my vra om weer ‘n matriekafskeidrok te ontwerp, sal ek dit presies dieselfde laat doen. Die tendens hierdie jaar was baie kleurvol en noupassend en ek dink my rok was soveel meer spesiaal omdat dit so in kontras was met die meerderheid van die rokke by my matriekafskeid.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-02