Ananda Pieterse

Höerskool Frikkie Meyer

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Moses

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok......sjoe waar begin ek. My rok is n Ombre kleurige rok wat van onder af konings blou is en word dan n mooi pers en skakel oor na n sagte pienk. Die konings blou is die rowwe pad wat ek gestap het in my Höerskool loopbaan, van waar ek onverwags swanger geraak het in graad 9 maar nogsteeds was n Konings kind, die pers spreek vir die kort termyn wat ek vernedering en afknouery moes verduur, maar vinnig vinnig was dit nie meer n bespreeking nie en het my lewe ligter begin raak en dit is waar die ligte pienk in kom, die pastel kleurige blomme op my rok spreek lewe en boonop my grootste "moto" in die lewe, blom waar jy geplant is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis spesiaal vir my ontwerp. Sonder mates van my wat my ma gehad het om my rok te maak, het sy my rok van begin tot einde gemaak, en die oomblik toe ek my rok aantrek het hy gepas soos n handskoen. Dis een van die mooiste rokke wat my ma al ooit vir my gemaak het en dit alleen is super spesiaal.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media