Marique Bam

Hoërkool Pretoria-Noord

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërkool Pretoria-Noord

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Elzaan van Mamilla Fashions het die prentjie van my droomrok in my kop 'n werklikheid gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Lavender-pers is my gunsteling kleur, omdat dit vir my sagtheid, rustigheid en selfvertroue uitstraal. Ek het iets gesoek wat nie net elegant is nie, maar ook uniek, iets wat my persoonlikheid weerspieël. My rok is geïnspireer deur my liefde vir alles wat delikaat en stylvol is, met ’n moderne tikkie wat wys wie ek is: uniek, selfversekerd en trots op my individualiteit.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok was nie net ’n rok nie, dit was ’n verhaal van groei, drome en geloof in myself. Die sagte lavender -pers kleur het my herinner aan vrede na ’n lang reis, aan sagtheid wat steeds sterk kan wees. Die afskouer-ontwerp en fyn drapering het iets van vroulikheid en selfvertroue uitgestraal, terwyl die glinsterende fraiings elke beweging laat leef het. Toe ek daardie aand by Coloseum Reale instap, het ek geweet ek dra nie net materiaal nie, ek dra elke traan, elke oorwinning, elke oomblik wat my hierheen gebring het. Dit was die einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een. My rok het my herinner: ware skoonheid lê nie in volmaaktheid nie, maar in die pad wat jou daarheen gebring het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die mooiste deel van my matriekafskeid was om die aand saam met my hartsvriende te kon deurbring en elke kosbare oomblik in foto’s vas te vang. Die fotosessie voor die tyd, saam met my geliefde perde en die mense wat die naaste aan my hart lê, het die ervaring nóg meer besonders gemaak. In my pragtige rok het ek gevoel asof ek in ’n droom leef, omring deur liefde, vriendskap en herinneringe wat ek vir altyd sal koester.

Planne vir na matriek

Na matriek gaan ek by Aros studeer om Grondslagfase-onderwys te doen. Ek het ’n groot passie vir kinders, veral dié wat met leeruitdagings sukkel, en ek wil graag vir hulle die ondersteuning en aanmoediging gee wat hulle nodig het om in hulself te glo. Dit is vir my belangrik om ’n verskil te maak, al is dit net in een kind se lewe, en om met liefde en geduld te help bou aan hulle toekoms.

Gunsteling woord in Afrikaans

"Bakkie boelie"

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media