Danté Dikshoorn
Midstream College
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Familie
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok was eerlikwaar n Pinterest prentjie waarop ek verlief geraak het en ek was vir maande oortuig dis wat ek wil doen, almal het vir my gesê moet ek nie maar kyk vir ander ideas nie maar nee ek het klaar verlief geraak.
My rok het nog beter gelyk as die Pinterest prentjie en daarvoor sal ek altyd dankbaar wees.
Ek het wel baie verskillende kleure oorweeg vir my rok maar het toe op iets meer elegant besluit en iets wat bietjie meer by my pas, ek het op champagne besluit n kleur wat my vel en hare komplimenteer.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My Matriekafskeidrok beteken die wêreld vir my en ek pas dit mooi op juis omdat ek gesien het hoeveel tyd daarin gesit was om dit perfek te maak, ek het verskriklik baie waardeuring vir my rok omdat my ma en selfs my ouma bydrae gemaak het om my droom rok ń werklikheid te maak want sonder hulle sou dit nie moontlik gewees nie het. So my rok is n teken van dankbaarheid vir al my familie se ondersteuning en liefde.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-11