Rozanne Mak
Hoërskool Stellenberg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Pompadoer
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok kom van die Marchesa Lente mode parade. Ek het al lank geweet ek wou iets dramaties en groot doen met my rok en my eerste ontwerp was al in gr 9 opgedroom, maar later verruil vir gaan my rok nou. Ek het geweet ek wou iets met valle doen en het paar inspirasie fotos op Pinterest gekyk toe ek op die Marchesa foto afgekom het. Dit het my hart gesteel en dit is toe ek en my ma dit verder ontwerp het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok is meer as net 'n rok vir my. Ek het al vir jare gedroom oor die matriekafskeid en toe my matriek jaar begin, kon ek amper nie glo dat dit amper my eie matriekafskeid sou wees nie. Tydens die besige en stresvolle jaar, was my rok 'n ontsnap. Dit was 'n oomblik van vreugde en liefde wat ek met my ma kon spandeer tydens wiskunde probleme of iets wat die stres net laat wegrol het, as ek nie fisika kon snap nie. Die rok is 'n simbool vir die hoofstuk van my lewe -waar ek net stres oor huiswerk - wat nou afsluit.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-02