Marzanne Louw
Augsburg Landbougimnasium
Tuisdorp
Lambertsbaai
Skool
Augsburg Landbougimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My ouma het my rok gemaak. Dit was haar laaste wens om haar jongste kleinkind se matriekafskeidrok te maak na n leeftyd in die kleremaakbedryf.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was in Gr 8 gewees en dit was my broer se matriekafskeid. Die opwinding van die afskeid was net te veel vir my gewees en ek het dadelik begin soek na rokke vir idees. Ek het n foto gesien van n rok gesien en het dadelik verlief geraak op die patroon. Ek het onmiddelik vir my ouma gesê: Dít gaan my rok wees! Dit was n halternekrok met n blou ombre kleur.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die kleur blou het n diep betekenis vir my.
Die ombre blou het my laat dink aan die pragtige diep blou see op n helder sonskyndag.
Die kleur blou is die kleur van vrede en geregtigheid: vrede met jouself en met ander.
Die fyn detail van die rok komplimenteer my delikate, fyn postuur.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die afskeid was dat my 'blind date' n ongelooflike 'partner' was en dit n besonderse lekker aand gemaak het wat ons ten volle geniet het.
Ons was van die laaste paartjies wat die afskeid verlaat het en met n paar lekker dansliedjies het ons die dansbaan aan die brand gehad.
Planne vir na matriek
Studeer B.Agric by Elsenburg.
Gunsteling woord in Afrikaans
Boeretroos
Datum van matriekafskeid
2025-10-02