Mia Muller

Hoërskool Brits

Tuisdorp

Hartbeespoortdam

Skool

Hoërskool Brits

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die rok oorspronklik ontwerp maar ek kon nie iemand vind wat die rok vir my kon maak nie. Ek was moedeloos gewees en my ma het besluit om my Oriental Plaza toe te vat omdat iemand ‘n winkel vir ons daar aan beveel het. Ek het winkel na winkel geloop en niks gesien wat ek van hou nie. Finaal toe ek in die winkel Bilqi’s in loop het ‘n dame vir my gevra watse tipe rok ek soek. Toe ek vir haar my skets wys en vir haar sê ek twyfel dat hulle so rok sal hê. Haal sy wragtig die rok van my drome van die rak af!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is nie ‘n “plain Jane” nie. Ek is mal oor kleur en blinkers daarom wou ek nog altyd ‘n rok gehad het wat my sou laat uit staan. Iets wat mense sal na kyk en dink “wow”, ‘n rok wat iemand sal laat aan dink vir ‘n paar dae. Die rok se styl is populêr oorsee en ek het nog nooit ‘n rok met die tipe styl in Suid-Afrika gesien nie. Die styl van die rok pas by my liggaam en ek het selfverseker en beeldskoon in hom gevoel. Iets wat vir my ‘n groot prioriteit was.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beskryf die persoon wie ek is. Iemand wat altyd glimlaggend deur die lewe gaan en kleur in ander se swart en wit lewens bring. Die valle en blinkers beskryf my sprankelende persoonlikheid en die lig van die Here wat deur my skyn terwyl die blou kleur van my rok die blou kleur van my oë komplimenteer en die hemp wat my pa gedra het met die laaste digitale herinnering wat ek van hom het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ons vir die heel laaste keer as ‘n eenheid van matrieks in ‘n sirkel op die dansvloer , arms ommekaar. “Komma” gesing het. ‘n Liedtjie wat ons by elke geleentheid , elke sokkie en elke dans saam gesing het vanaf graad 8 tot nou. ‘n liedtjie wat ons lewens beskryf het in die moeilike tyd van ons oorgangsfase na hoërskool toe en die familie lede wat ons aan die dood afgestaan het tydens die covid-19 pandemie.

Planne vir na matriek

My planne na matriek is om ‘n apteker te word. Ek wou nog altyd ‘n apteker geword het nadat ek geïnspireer is deur die aptekers wat tydens die covid-19 pandemie hard gewerk het om n entstof te ontwikkel. Die proses na genesing is ongelooflik en ek glo dat dit my roeping is, deur om nuwe entstowwe en medikasie te vervaardig wat lewens sal red.Ek gaan volgende jaar op die Puk swat waar ek my nuwe hoofstuk van my lewe gaan begin waaroor ek verskriklik uitsien.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sielsgelukkig

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media