Kaylie Marichelle Swart

Bergsig Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Passievol <3

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het gekom van ’n kombinasie van Afrika-glam en hoë mode as ek dit so kan stel ek wou iets hê wat my kultuur, persoonlikheid en selfvertroue wys en ek wou anders wees .Die frille wat van my heup af hang simboliseer die vloei en groei van my lewe en die een skouer styl gee ’n moderne, gesofistikeerde gevoel wat my soos ń ongelooflike mooi dame laat voel het .

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net materiaal en styl dit vertel my storie. Dit simboliseer elke traan en elke uitdaging wat my tot hier gebring het. Ek het vir twee jaar gesukkel met mediese probleme waarvoor daar nie antwoorde was nie. Ek het moeg gevoel, gebreek gevoel, maar ek het aanhou glo. Ek moes ook my pa groet — ’n verlies wat ek daagliks saam met my dra. Die dag van my matriekafskeid het ek hom in my hart gevoel, trots op my, soos ek in my rok gestaan het. 2 dae voor sy geboorte dag. My geliefde kêrel is toe ook nie nie langs my nie — oorsee, op sy eie reis — maar steeds teenwoordig in elke bemoedigende boodskap en elke gedagte. Ek het my jonger broer gevra om my metgesel te wees. Hierdie rok is vir my 'n simbool van oorlewing, van liefde wat aanhou al is daar afstand, en van 'n jong vrou wat deur pyn gegroei het tot iemand wat vandag met trots en waardigheid haar plek inneem. Dis nie net 'n rok nie — dis my krag en dis my storie en wat my matriekafskeid rok vir my beteken.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media