Liancé van Zyl

C&N Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Sagmoedig

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vir my was my matriekafskeidrok nooit net ’n rok nie – dit was ’n storie van geloof, groei en lig. Die rok bestaan uit duisende diamante, wat een vir een vasgesit is, & wat saam glinster soos die klein oomblikke wat jou vorm. Wanneer ek beweeg, dans die “tassels” liggies, en dit laat my dink aan die vryheid en selfvertroue waarmee ek die lewe wil aanpak. Ek het baie inspirasie gekry uit Rosie Huntington-Whiteley & Hailey Bieber – almal vroue wat vir my styl, eenvoud en innerlike krag uitstraal. Ek wou daardie gevoel van minimalistiese luuksheid in my eie styl vasvang, maar steeds iets persoonliks en betekenisvols byvoeg.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die deel van my rok wat my egter die meeste raak, is die vere-drapeersel oor my skouers. Dit was nie net vir styl nie – dit dra ’n diepier betekenis. Regdeur my matriekjaar het ek elke dag êrens ’n veertjie gesien. Vir my was dit ’n teken van God se teenwoordigheid; ’n sagte herinnering dat ek nooit alleen stap nie, maak nie saak hoe moeilik die dag voel nie. Toe ek my rok beplan, het ek geweet: die vere móét daar wees – dit is my geloof, my beskerming, en ’n simbool van sterk wees.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media