Carli Momberg
Hoërskool Jim Fouché
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Tierlantyntjies
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My gunstellingkleur is donkergroen en ek dink dit komplementeer my rooierige hare en donkerbruin oë baie mooi. Ek is mal oor die natuur, blommetjies en blinkertjies en wou 'n rok hê wat my persoonlikheid weerspieël – iets elegant, uniek, en uit 'n sprokiesverhaal! Ek is n meisie wat vol optimisme is en soos my een vriendin sê: " 'n Bondeltjie energie!". Iemand wat glo jy kan enige iets bereik met God aan jou kant en wat altyd na die positiewe kyk. Groen laat my dink aan vreugde soos blommetjies wat pronk in groen velde, 'n waterval wat groen valleie versier en … aan my. Die smaraggroen blinkertjies op my rok verteenwoordig my leuse – wees die lig in die donker, skyn en wees eg.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek sluit my skoolloopbaan af met 'n rok wat nie net my 12 jaar vasvang nie, maar ook my toekoms verteenwoordig. Smarag beteken vrede, hoop en voorspoed. My skoolloopbaan is verweef in blink oomblikke en glinsterende herinneringe. En my toekoms skitter voor my. My rok is nie net 'n herinnering aan skool nie, maar 'n gelukbringer vir wat voorlê!
Datum van matriekafskeid?
2025-10-10