Isa Enslin
Hoerskool Pretoria Noord
Tuisdorp
Pretoria Noord
Skool
Hoerskool Pretoria Noord
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur Michelle Conradie van Bridal Galary Tux & Tails in Montana. Sy het ’n rok geskep wat perfek by my persoonlikheid pas: elegant, met ’n sagte glans en detail wat net genoeg uitstaan om spesiaal te voel. Ek het van die begin af geweet dis die een toe ek dit aanpas!
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is nie regtig ’n “girly girl” nie, so die idee van ’n groot rok en grimering was heeltemal buite my gemaksone. Tog het die matriekafskeid self my geïnspireer; die kans om vir een aand iets anders te probeer en ’n nuwe kant van myself te ontdek.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok simboliseer vir my groei en selfvertroue. Dit was die eerste keer dat ek iets gedra het wat my heeltemal uit my gemaksone gevat het, en tog het dit my laat voel soos die beste weergawe van myself. Die kleur het my natuurlike toon beklemtoon, en ek het besef dat mooi voel nie beteken jy moet verander nie, dis om gemaklik te wees in jou eie vel.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die mooiste deel van my matriekafskeid was die fotosessie; vir die eerste keer het ek regtig myself gesien, net soos ek is. Om daardie oomblik met my pa'le te deel, het dit nog meer spesiaal gemaak. Hulle het my aangeneem toe ek agt maande oud was en het my nog altyd ondersteun en aangemoedig om my drome te volg. Daardie aand was eintlik vir húlle net soveel as vir my.
Planne vir na matriek
Na matriek gaan ek vir my pa werk by Renzo Vignali Artistic Foundry. Ek sien daarna uit om eerstehands ervaring op te doen en meer te leer oor die besigheid. My droom is om later besigheidsbestuur te studeer, sodat ek die regte kennis en vaardighede kan opbou om die besigheid eendag met trots en kundigheid oor te neem.
Gunsteling woord in Afrikaans
“Ongekunsteld.” – Want ek hou daarvan om net myself te wees.
Datum van matriekafskeid
2025-10-17