Jennica Compton

CVO Skool Pretoria

Tuisdorp

Pretoria

Skool

CVO Skool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Roedolf D Fashion Atelier het my droomrok ontwerp. Ek het tydens die Menlyn Matric Expo geregistreer met die hoop om dalk van die pryse te wen. Ek het toe die prys by Roedolf gewen om my eie rok by hom te ontwerp. Ek wil graag inskryf om Roedolf te bedank vir my droomrok.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Twee jaar gelede het ek besluit dat ek graag sakke in my rok gaan wil hê en ek wou ook die romp afhaal vir wanneer ons begin dans, daarom sal julle op die foto's sien dat dit lyk of ek twee rokke dra. Verder het Roedolf en ek die finale detail bespreek en so het my droomrok ontstaan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is uniek vir my omdat dit vir my spesiaal gemaak is soos ek dit wou gehad het en dit gee vir my die illustrasie dat dit die enigste een is in die wêreld. Roedolf het my verder soos 'n prinses laat lyk deur my hare en grimering te doen.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om eerste op die rooi tapyt te kon loop. My metgesel het in 'n Land Cruiser V6 opgedaag en ek het gevolg in 'n Porsche GT4 RS. Die reaksie van een van my jonger vriendinne in Gr. 9 en haar ma se reaksie was prysloos.

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar by Aros onderwys gaan studeer en spesialiseer om met Downsindroom kinders gaan werk, dit is my droom om hulle lewens so normaal as moontlik te maak soos myne.

Gunsteling woord in Afrikaans

Spookasem

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media