Denike Nel

Hoërskool Overvaal

Tuisdorp

Meyerton

Skool

Hoërskool Overvaal

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Marius De Jager

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was vuur en glans- twee elemente wat my persoonlikheid perfek weerspieël. Ek het iets gesoek wat my vurige, energieke aard en my liefde vir alles wat glinster, kombineer. Die ontwerp moes uitstraal wie ek is: lewendig, passievol, met ’n vuur (wat deur die kant op my rok gesimboliseer word) wat niemand ooit sal kan blus nie; met ’n bietjie van ’n dramatiese effek en baie sprankel. Ek wou iets hê waar­ná ek oor 50 jaar kan terugkyk en weer van voor af daarop verlief kan raak, iets elegant en tydloos. Die goud op my rok is geïnspireer deur my ouma, wat ’n paar jaar gelede oorlede is. Ek wou bitter graag haar goue juwele dra, en dit moes ’n eenheid vorm met my rok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my baie meer as net iets mooi om te dra, dit hou soveel betekenis. Die tyd saam met my ma tydens die beplanning en aanpassings was ongelooflik spesiaal, en ek sal nooit vergeet hoe sy my die eerste keer gesien het in my rok nie. Ek wou van die begin af iets hê met ’n bietjie drama en “flair”, iets wat my vurige persoonlikheid weerspieël. Die kant-lap simboliseer vir my vuur: passie, energie en die manier waarop ek die lewe voluit leef. Die blink detail en al die “bling” bring daardie ekstra sprankel wat my liefde vir iets opvallend en uniek wys. Hierdie rok vang presies vas wie ek is- sterk, lewendig en trots op my reis. Waar die een hoofstuk afsluit begin die volgende nuwe en opwindende een.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was definitief die samesyn die aand saam met al my hartsmense, my vriende en onderwysers. ‘n Bittersoet oomblik van 13 jaar wat net so in ‘n oogwink verby was. Waar ons herinneringe gedeel het om die matriekafskeidtafel en waar dit die laaste aand was wat ek sou deel met meeste mense, was definitief my hoogtepunt en ‘n ongelooflike bittersoet oomblik.

Planne vir na matriek

Ek gaan by NWU studeer en ’n besigheid of twee van my eie begin om sakgeld in te samel om die wêreld te gaan reis saam met wie ook al saam met my wil kom, maar hopelik sal ek dit saam met my ma kan doen.

Gunsteling woord in Afrikaans

Koddig

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media