Lilanie Botha
Hoërskool John Voster
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
vloermoer
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Skoenlappers het my geïnspireer.Ek onthou dit soos gister , my kêrel en my tweede stel ouers het my op ’n vakansie gevat na die Krugerwildtuin. Ons drie was in die swembad, en toe ek uitklim, was ek skielik omring deur skoenlappers. Hulle het sag om my gevladder, en in daardie oomblik het iets besonders in my hart gebeur. Dit was asof die wêreld vir ’n paar sekondes stilgestaan het. Ek het verlief geraak op die gevoel, daardie vrede, daardie ligtheid, daardie klein teken van iets mooi en rein. Ek sien oral skoenlappers — waar ek ook al gaan. Dis asof hulle my herinner aan daardie oomblik, aan liefde, en aan hoe mooi die lewe kan wees. En toe het ek geweet my rok moet skoenlappers op hê sodat ek daardie gevoel altyd saam met my kan dra.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok simboliseer die einde van my laaste skooljaar , die afsluiting van ’n hoofstuk. Terwyl ek afsluit, maak ek ook gereed om ’n nuwe bladsy in my lewe oop te slaan. Soos ’n vlinder wat vlerke sprei, is ek gereed om verder te beweeg om te groei, om meer te word, en om die mooi in elke nuwe begin raak te sien.My rok herinner my aan die trots in my ouma en oupa se oë toe hulle my sien, aan my kêrel se gelukkige geisha , en aan al die komplimente wat ek ontvang het, hoe almal gesê het hoe mooi ek gelyk het. Vir my is hierdie rok meer as net klere; dis ’n simbool van groei, vrou wees ,liefde en nuwe drome wat wag om gevlieg te word.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-17