Mckayla Du Plessis
Zwartkop
Tuisdorp
Centurion
Skool
Zwartkop
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeidrok is by Shein gekoop, maar my MA het dit self aangepas om dit ’n persoonlike en unieke styl te gee. My MA het die alterasies gedoen en met handgeplaaste diamante versier vir ’n elegante, eie ontwerp.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was tydlose elegansie – ek wou ’n rok hê wat stylvol en gesofistikeerd voel, maar steeds my persoonlikheid weerspieël. Die sagte glans en diamante het daardie tikkie klassieke glamour bygevoeg wat ek met ware elegance assosieer.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my baie, want dit weerspieël my persoonlikheid – elegant, uniek en met aandag aan detail. Dit laat my dink aan hoe mooi selfvertroue en styl saamvloei wanneer jy jouself kan wees.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om my vriendinne te sien straal van selfvertroue, om saam onvergeetlike herinneringe te maak en almal in hul beste lig te sien.
Planne vir na matriek
Na matriek beplan ek om argitektuur te studeer, die lewe ten volle te geniet en elke dag my beste te gee – goed of sleg. Ek wil leer uit my foute, my kop oplig en onthou dat dit okay is om te groei deur foute.
Gunsteling woord in Afrikaans
Beeldskoon
Datum van matriekafskeid
2025-10-04