Tiffany Maritz
Hoërskool Noordheuwel
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Lekker – dit pas by alles van kos tot lewe!
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om iets tydloos en uniek te skep wat my persoonlikheid uitbeeld. Ek wou hê die rok moes wys dat ek altyd probeer skyn, maak nie saak wat in die lewe gebeur nie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net ’n mooi rok. Behalwe vir die blink glinster in die lig, simboliseer dit liefde, herinneringe en familie. My gunsteling deel is dat my ouma my droomrok vir my kon maak — sy het iets wat ek net op papier geteken het, in werklikheid verander. Elke steek in die rok dra haar liefde en moeite, en dit maak dit vir my ongelooflik spesiaal.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03