Jana Van Zyl
Roots Gymnasium
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Samesyn
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het gekom van een van my rolmodelle wat 'n soortgelyke styl by haar troue gedra het. Ek het die eenvoud, maar tog die elegansie daarvan bewonder. Ek wou 'n subtiele, maar kragtige stelling maak. Ek is iemand wat nie sommer terug staan vir enige iemand, of enige iets nie- maar tog doen ek dit in styl. Daarom se hulle mos dinamiet kom in klein pakkies. Ons tema was “Casino Night”.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Toe ek my rok aangepas het vir die eerste keer, het ek vir die eerste keer soos 'n jong dame gevoel. Ek dink dis baie belangrik vir n meisie on haarself in die spieel te kan kyk en so mooi te voel soos ek het. Die diep rooi kleur en swaar materiaal verteenwoordig die die groot afwagting vir die nuwe fase wat voorle; nuwe mense, plekke en dinge wat my net nog meer van myself gaan leer. Aan die anderkant verteenwoordig dit ook hoe swaar dit is om my mense en al die herinneringe agter te laat.
Datum van matriekafskeid?
2025-09-12