Esmari Pieterse
Hoërskool Fochville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Koester
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het geweet ek wil n rok laat maak wat my pas, ek in goed voel en ek soos n prinses in gaan lyk. Ek het van kleins af gehou van n rok wat soos die van Bell in Beauty and the beast lyk. Ek sou sê my die klein kindjie in my het my geïnspireer om n wye rok te laat maak waarin ek gemaklik en vry kan voel, een wat my laat voel of ek in n sprokies verhaal is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My Matriekafskeid rok sou ek sê het presies beskryf wie ek is en hoe ek na die lewe kyk. Ek het nog nooit in my lewe meer soos myself gevoel as die dag wat ek daardie rok aangetrek het nie. Die rok het nie net perfek by my haarkleur en my grimering gepas nie, maar die rok het die selfbeeld wat ek het so mooi uitgebring. Die rok het beklemtoon die mooi van my wat ek nie elke dag raak sien nie. Die rok het my werklik laat voel wat ek wou voel op die dag van my matriekafskeid. Ek sou apsoluut niks van die rok anders wou hê nie want hy het perfek by MY gepas. Ek is meer as net tevrede oor my rok. Ek is mal oor die rok en alles van hom.
Datum van matriekafskeid?
2007-02-05