Reveshni De Bruin
Hoërskool Piketberg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Diversiteit.Hierdie woord beskryf die mens.Dit lig ons verskille uit,maar hierdie woord bind ons.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Na die afloop van ń donker matriek jaar,vir myself ,wou ek skuil agter die diep,donker kleur van my rok.Swart.
Swart symboliseer nie net my innerlike emosies nie ,maar dit is die kleur wat my beskerm en gedra het.Ongeag die morbiede kleur wat almal sien ,het my rok my gesofistikeerd en elegant laat voel en lyk.Dit is die kleur wat my daardie ekstra selfvertroue gegee het om elke dag uit te gaan en om te wees wie ek is!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok gee my die betekenis van KRAG.Krag wat ek deur die loop van hierdie jaar elke liewe dag nodig gehad het.My rok gee my die krag om op te staan vir myself en nie om net te gaan lê nadat ń storm my getref het nie.My omstandighede is nie my skuld nie maar dit was en is steeds my verantwoordelikheid om dit beter te maak en te verander.Dit is my verantwoordelikheid om die krag wat ek voel te gebruik om my toekom te skets!
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03