Eldoné Muller
Hoërskool Jeugland
Tuisdorp
Kempton Park
Skool
Hoërskool Jeugland
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het besluit om eers rokke te gaan aanpas om so te kyk watter style en kleur by my gaan pas, voordat ek my finale beluit maak. Ek wou graag 'n tipe van 'n A-lyn rok hê. Bride & Co Boksburg het 'n groot verskeinheid rokke en soveel mooi style om van te kies en keur. Ons moet nie vergeet om die winkels se ontwerpers se goeie werk mis te kyk nie. My rok is deur Viola Chan ontwerp.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die rok het 'n elegante maar tog klasiek styl en het soos 'n handskoen aan my gesit, om nie eers te praat van die kleur nie. Ek het dadelik so op my gemak gevoel, want dit het dadelik my karakter uit gebeeld. Die kleur vertel die storie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok pas so mooi by my in gees en styl. Die betowerende Oasis-skakering vertel 'n stil verhaal van grasie en kalm krag. Die sagte petrolblou vloei in 'n tydlose A-lyn silhoeët; elegant, klassiek en eerlik eenvoudig net soos ek. Dit weerspieël my innerlike vrede, nederigheid en die egtheid waarmee ek die wêreld gaan betree.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die opgewondenheid van al die voorbereiding tot die lag, gesels en saamkuier met vriende. Elke oomblik van die dag bou spanning en vreugde op, maar die pret, die herinneringe en die saamwees maak die ervaring onvergeetlik.
Planne vir na matriek
Ek het voorlopige keuring gekry by NWU Potchefstroom om my studies te begin met Sport Wetenskap/Menslike Bewegingskunde en wil dit graag verder vat na Biokinetika. Ek is baie sportief en verstaan wat dit is om beserings op te doen. Ek het 'n groot liefde vir mense en daarom wil ek hulle ook help.
Gunsteling woord in Afrikaans
Egte - Skoonheid straal van binne, gegrond in nederigheid en opregtheid.
Datum van matriekafskeid
2025-10-18