Monique Bowles
Hoërskool Marais Viljoen
Tuisdorp
Alberton
Skool
Hoërskool Marais Viljoen
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die ontwerper Larryne Jefferies het dit ontwerp en gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur die natuur. Die blomme, die sagte kleure en die vloeiende materiaal laat my dink aan ’n tuin in die somer. Ek wou hê my rok moes my persoonlikheid wys, sag, kreatief en vol lewe. Die blomdetail en ligte materiaal wys my liefde vir kuns en vroulikheid. Dit bring ook ’n vars, jong gevoel, terwyl die korset-top dit stylvol en elegant hou.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Vir my beteken my matriekafskeidrok baie meer as net n rok, dis ’n simbool van hoe ver ek gekom het. Dis die einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een. Elke detail van die rok herinner my aan die moeite, groei en drome van my skooljare. Ek wou nie net mooi lyk nie, ek wou soos myself voel. Dit herinner my dat ek trots mag wees op wie ek is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt vir my was om uiteindelik daar te staan, reg aangetrek en trots op myself. Om te besef dis die einde van ’n groot deel van my lewe en om dit saam met mense te vier wat deel van my skoolloopbaan was.
Planne vir na matriek
Na matriek wil ek my drome begin uitleef, nuwe dinge ontdek, groei as mens en ’n pad kies wat my gelukkig maak. Ek sien uit na die nuwe hoofstuk, nuwe mense, nuwe ervarings en die kans om uit te vind wie ek regtig is buite skool. Ek wil elke geleentheid aangryp!
Gunsteling woord in Afrikaans
Sielsrus
Datum van matriekafskeid
2025-10-11