Suzaskia Nelson
Bloemfontein hoerskool
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Bloemfontein hoerskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het dit self gekoop, self gespaar. By iemand privaat oorgekoop
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek en my oorlede kerel het lank saam beplan aan die matriekafskeid, maar toe hy oorlede is, het ek sy wense probeer nakom deur alles wat hy wou he te bewaarheid.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek het baie verlies deur gemaak in my matriek jaar, daar was soveel dinge wat my amper laat opgee het, maar my belofte aan my oorlede kerel het my laat deur druk, die rok was 1 van die dinge wat hy graag wou sien aan my, so vir my beteken my rok veel meer as net n gewone rok.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek kon saam met my seuntjie van 23 maande in stap, en ek kon weet ek het dit gemaak, selfs nie eers die lelikste dinge van die lewe kon my onder kry nie.
Planne vir na matriek
Ek het n seuntjie waarvan ek nou n enkel mamma is, vir wie ek nou alles en meer moet in sit. Hy is my heel 1ste projariteit, ek sal graag verder wil gaan studeer in my extra tyd.
Gunsteling woord in Afrikaans
Uitmintend
Datum van matriekafskeid
2025-10-17