Elrike van der Merwe

Hoërskool Piet Potgieter

Tuisdorp

Potgietersrus

Skool

Hoërskool Piet Potgieter

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp en gemaak deur Vesselina Pentcheva - Haar werk word gekenmerk deur `n gevoel van luuksheid, beweging en die viering van vroulikheid. Sy is `n baie besonderse vrou, daar is iets poëties aan die manier waarop haar rokke beweeg - amper asof hulle asemhaal saam met die draer. Dis nie net klere nie; dis stories van skoonheid en trots.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou hê my rok moes die die mense se asems wegslaan - nie net omdat dit mooi is nie, maar omdat dit my uitbeeld. Elke stukkie "detail", van die kleur tot die snit, vertel iets van wie ek is. Ek het inspirasie geput uit my persoonlikheid; sag, maar tog sterk en elegant. Wanneer ek daarin staan, voel ek selfversekerd, trots en uniek - presies hoe ek die wêreld wil laat sien wie ek is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is meer as net `n rok - dit is `n simbool van my groei, my drome en die jong vrou wat ek geword het. Elke naat en elke stukke besonderheid dra `n storie : van die klein dogtertjie wat groot gedroom het, tot die matrikulant wat nou met selfvertroue vorentoe kyk. " In blou het ek gedans met die aand, `n rok vol lig, vol lewe, vol drome."

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die oomblik toe ek opstap en dadelik besef het: hier is ek - regtig aan die einde van my skoolreis. Die saal, die ligte, die musiek , die hoofleiers se dans. Om saam met my vriende te lag, dans en die herinneringe van die laaste skooljare saam te kon vier - was onvergeeflik. Dit was `n aand vol van trots, dankbaarheid en vreugde - die perfekte afsluiting van `n belangrike hoofstuk in my lewe.

Planne vir na matriek

Na matriek wil ek graag `n loopbaan volg in Maksillofasiale Prostetika, waar ek prostetiese gesigsdele vir mense maak. Ek het nog altyd `n passie gehad om ander te help en om met my hande iets te skep wat `n verskil maak. Hierdie beroep kombineer mediese kennis met kuns en empatie - iets wat my diep inspireer. Om iemand se selfvertroue en glimlag terug te gee deur my werk, sal vir my die grootse beloning wees. Ek sien uit daarna om verder te studeer, te leer en uiteindelik ` n positiewe invloed in mense se lewens te hê.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lekker - Afrikaans is lekker! Matriek was lekker ! Skool was lekker ! - eintlik is alles lekker ! Dis nie net `n woord nie, dis `n manier van leef!

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media