KAYLIE TAYLOR

HOERSKOOL WESVALIA

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

ploeterpakkie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag 'n unieke rok he en daarom het ek die helder pienk gekies, maar tog minimalisties en elegant, sodat die kleur e styl kan uitstaan. Dit het nie vir my gegaan net oor 'n rok nie, maar die perfekte rok om my helder en optimistiese persoonlikheid te vertoon (om te wys WIE ek regtig is). My doel was om iets te dra wat my selfvertroue versterk en wat my laat voel soos die beste weergawe van myself en die rok het dit perfek gedoen. Toe ek hoor ons matriekafskeid is in Okt het ek nie vir eenkeer getwyfel oor die kleur van die rok nie, want dit was vir my belangrik om borskanker maand te ondersteun.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeid rok is vir my soveel meer as net 'n kledingstuk . Dit simboliseer die harde werk, opoffering en groei wat ek deur my skooljare beleef het. Dit is vir my 'n uitbeelding van my skool loopbaan en die fase van lewe waarin ek nou is en iets om na terug te kyk en die herinneringe van m skool loopbaan te herroep. Met elke passing het 'n droom bewaarheid word en wanneer ek die rok aantrek voel ek trots op hoe ver ek gekom het en die mens waarin die Here my omskep het. Die rok verteenwoordig 'n nuwe begin wat voorle, 'n nuwe hoofstuk vol drome en moontlikhede . maar ook die einde van my skool loopbaan en alles wat ek vermag het. Dit herinner my dat God my uniek geskape het.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media