Luné Coetzer
Hoërskool Kempton Park
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Genade
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het ń idee gehad van hoe my rok moet lyk. Ek is nie iemand wat sommer iets sal vat wat nie is soos wat die prentjie in my kop is nie. Ek het ń paar rokke aangepas maar ek het net nie gevoel dis dié 1 nie. Die dame wat my gehelp het, het vir my die rok gebring wat totaal en al nie iets was wat ek self sou aanpas nie, en dit was toe dié een, die teal kleur het dadelik my oë laat uitstaan en ek was mal oor die riffel slit en die agterkant van die rok. Daar het wel iets aan die rok vir my nog gekort. Ek het gevra dat hulle vir my ń strik moet maak uit die materiaal wat hulle moes afsny om die rok korter te maak. Dit moes aan die teenoorgestelde kant van die riffel slit kom om balans in te bring. Nadat hulle dit gedoen het was ek verlief op die rok. Ek het bietjie 'bling' ingebring deur my juwele te gebruik. Een van my ringe wat ek gedra het was ń kruis, dit is ń simbool om alle eer te bring aan die Here. Hy het alles moontlik gemaak en ek sou nie al dié dinge kon beleef het as dit nie vir Hom was nie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die rok is vir my so spesiaal juis omdat dit wie ek is so mooi uitbeeld dis gemaklik, vloeiend en tog baie elegant.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-10