Die inspirasie vir my matriekafskeidrok was die prinses 'Belle' in die musiekblyspel 'Beauty and the Beast'. Toe ek die hoofrol in 2024 loslaan vir die musiekblyspel wat ons in Augustus 2025 opgevoer het was dit 'n bevestiging dat ek bestem was om geel te dra wat my dramatiese sy uitbring.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok beteken vir my baie omdat dit gestalte gee aan die jong dogtertjie wat transformeer na 'n jong volwasse dame. Deur my matriekafskeidrok het ek my liefde vir drama uitgebeeld deur die lang geel sykant of sleep wat my veelsydigheid (sing/dans/toneelspel) voorstel. Die blinkers op my rok wys dat daar afronding kom met my blootstelling aan akademie en kultuur. Die lang oop spleet verteenwoordig oneindigende moontlikhede waar ek volgende jaar LLB by Stellenbosch gaan studeer. My matriekafskeidrok wys eintlik my 'BOLD' persoonlikheid, maar met standvastigheid en nederigheid.