Anke van Aardt

Hoërskool Bellville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Entoesiasme

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die kleur van my rok dra ñ spesiale betekenis. My Ma het van kleins af gesê dat ek eendag ñ donkerblou rok vir my matriekafskeid moet dra. Toe die groot dag nader kom en ek nog steeds nie op ñ kleur kon besluit nie, het haar woorde by my opgekom - en ek besef donkerblou is die perfekte, elegante keuse. Vir die bokant van my rok wou ek iets besonders hê. Toe ek die gedetailleerde materiaal sien, het ek geweet dit is presies wat my ontwerp kort. Ek wou ook nog altyd ñ korset probeer en my matriekafskeid was die ideale kans om die element subtiel in te werk. My rok is uiteindelik ñ kombinasie van ure se inspirasie op Pinterest en my eie idees - saamgesmelt in ñ ontwerp wat werklik uniek aan my is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is vir my ongelooflik spesiaal, want ek weet hoeveel tyd, moeite en liefde daarin ingesit is om my drome ñ realiteit te maak. Toe ek dit vir die eerste keer aantrek, kon ek amper nie glo dat al die jare se praat oor my matriekafskeid uiteindelik hier is nie. Ek het trots en selfversekerd gevoel - soos die beste weergawe van myself. My Ma het elke stap saam met my gestap, my na al die passessies geneem en my ondersteun met soveel geduld en liefde. Dit maak dat my rok my altyd aan haar ook herinner. Ek is ook ongelooflik dankbaar vir Tiffany van Dresstique, wat my idees so mooi verstaan en lewendig gemaak het. Die rok simboliseer vir my ñ afsluiting - ons matriekafskeid was die Saterdag voor die eksamens begin het en dit het gevoel soos die perfekte manier om my skoolloopbaan af te sluit. Die sagte chiffon-voue van my rok en die elegante detail sal my ook altyd herinner aan daardie spesiale aand waar ek regtig soos ñ prinses gevoel het.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media