Vinasia Marx
Ligbron Akademie vir Tegnologie
Tuisdorp
Ermelo
Skool
Ligbron Akademie vir Tegnologie
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ‘n skepping van Wedding Bells Couture Witbank. Die wonderlikste mense wat my droom verstaan het van 'n rok met 'n unieke kleur en hulle het aanhou soek totdat hul die kleur gekry het en daarna 'n rok vir my gemaak het, wat perfek by my gepas het, van kop tot tone.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok moes uniek wees, net soos ek, nie net ‘n algemene kleur nie maar ‘n rok wat my naam skree en wat nie sal in “blend” in ‘n vertrek met 100 ander rokke nie, want my lewensmotto is…”Why blend in if God made you to stand out”. Ek was inderdaad die enigste een by ons Matriekasfskeid met ‘n neon oranje rok Die styl van my rok moes iets wees wat saam my kan beweeg, die bo-stuk 'n korset wat my figuur komplimenteer en 'n "slit", net omdat ek nie gewoonlik een dra nie. Ek is verlief op elke milimeter van my rok en het gewys dat neon oranje met grasie en styl gedra kan word.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken die einde van 'n seisoen, 'n seisoen vol wonderlike maar ook hartseer herinneringe, waar ek gevorm is deur baie mense se invloed. Ek is absoluut verlief op my neon oranje rok wat pragtig gelyk het teen my blas vel. As ek in die son of onder ligte staan lyk dit amper asof my rok se kleur verander en gloei. Die veranderende kleur van my rok met die effense bling op die bo-stuk en op elke val laat my dink aan hoe ek as dogtertjie tot jong, volwasse dame verander het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was hoe al my idees en drome van jare bymekaar gekom het op die dag en ek eenklaps besef het dat niks eintlik lyk soos my droom was nie, maar beter, mooier en helderder. Ek het besef dat ek nie meer die klein dogtertjie is wat net wou inpas en eerder wegraak in die skare nie, maar dat ek gegroei het en nie omgee om uit te staan, en te staan vir dit waarin ek glo nie. Ons Matriekafskeid funksie waar ons almal vir olas kon saam kuier, mekaar se rokke kon bewonder, lekker lag en lekker dans was die kersie op die koek, daar is niks wat ek sou wou verander het nie. My Matriekafskeid was lekkerrrrrrrrrr!!
Planne vir na matriek
Ek het voorlopige keuring om’n graad in Fisiologie en Sielkunde te gaan studeer by NWU. Ek sien baie uit daarna en gaan hard werk om my drome ‘n werklikheid te maak.
Gunsteling woord in Afrikaans
Lekker - veral as jy die “rrrrrrr” so lank trek, soos net ‘n Suid Afrikaner kan en hierdie woord bestaan in GEEN ander taal nie.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02