Philippa Louw
Hoërskool Stellenbosch
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Smaakmaker
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het lank voor die tyd prentjies geteken en navorsing gedoen oor verskillende rokke voordat ek lap winkel toe gegaan het. Daar het ek ure lank spandeer en die mooiste turquoise bopaag gevind wat perfek gepaard gaan met n donker blou-groen satyn. Ek wou hê die vloeiende bolaag moet nie onderbreuk word nie, dus het ek n relatiewe eenvoudige A-lyn snit gekies.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok weerspieël my liefde vir ontwerp en kleur. Dit was my droom om my eie matriekafskeidrok te maak vandat ek 3 jaar gelede my eerste naaimasjien gekry het. Om my vriende se reaksie te sien toe ek daai aand vir hulle sê dat ek my rok self gemaak het, was die kersie op die koek.
Ek het die hele proses gedokumenteer en na die funksie die videos op instagram geplaas. Dit het meer as 130 duisend "views" gekry.
Datum van matriekafskeid?
2007-06-28