Taytum Nelson
Hoërskool Florida
Tuisdorp
Roodepoort
Skool
Hoërskool Florida
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok was gemaak deur Marietjie Oelofse @yukavamilla (Instagram)
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my rok was oud Hollywood glans met n paar moderne elemente - dog stylvol en elegant. Elke element het ek noukeurig gekies en was deur die talentvolle Marietjie Oelofse bymekaar gesit, presies soos ek daaroor gedroom het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok is n viering van 12 jaar se harde werk. Dis die einde van n hoofstuk in die boek van my lewe wat met trots en dankbaarheid afgesluit word. Hoe rooier hoe mooier....en vir mooier kon ek nie gevra het nie!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die matriekafskeid was die samesyn van vriende en onderwysers....n laaste hoera vir die afsluiting van n wonderlike jaar en die aanbreek van n nuwe seisoen vir ons almal. Elke minuut n stappie nader aan volwassenheid, maar waar vriendkapsbande gesnoei is en vir altyd gekoester sal word. #MX2025!
Planne vir na matriek
My planne vir na matriek is om te besiheidsbestuur te studeer by Noordwes Universiteit in Potchefstoom. Ek beoog om die beste van die studentelewe te maak....probeer alles en behou die goeie! Hier skryf ek n nuwe hoofstuk in my storie waar drome waar word.
Gunsteling woord in Afrikaans
Klopdisselboom
Datum van matriekafskeid
2025-10-17