Timae Swanepoel
Hoërskool Middelburg
Tuisdorp
Witbank
Skool
Hoërskool Middelburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeidrok is ‘n kombinasie van idees wat bymekaar gebring is deur die mees bekwame ontwerpster Judy van der Westhuizen. Sy het dit waaroor ek gedroom het en die idee wat my inspirasie was, gekombineer met dit wat my figuur die beste pas en my droomrok laat verwesenlik.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur ‘n foto van ‘n ontwerpersrok wat ek ‘n tydjie terug raakgesien het. Die ontwerp en styl was vir my besonders, treffend en elegant, presies wat ek in ‘n rok wou hê. Die materiaal wat ons gevind het vir die korset is uniek, die detail perfek en het die glans wat ek wou hê. Die borduurwerk en kleur kombinasie van my rok was vir my perfek. Die kleur komplimenteer my vel, my haarkleur en my oë. Groen is vir my simbool van groei, lewe en gesondheid maar vul my ook met rustigheid en laat my gemaklik voel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is ‘n droom wat gestalte gekry het. Ek het so gemaklik gevoel omdat dit presies was wat ek in ‘n rok wou hê. Deur my tienerjare het ek modelwerk gedoen en die voorreg gehad om baie mooi rokke te kon dra, maar hierdie was baie besonders en spesiaal. Ek kon self besluit hoe ek die detail wou hê en met elke keer se aanpas kon ek sien hoe dit vorm kry tot die uiteindelike perfekte rok wat ek oor gedroom het. Ek het juis gekies om te laat maak eerder as om te koop, want die proses was vir my opwindend en ekstra spesiaal.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die rooitapyt verwelkoming was besonders. Ek sal dit vir altyd onthou. Die aand was baie spesiaal en om dit met my gunsteling mense te kon deel was vir my die heel lekkerste. Wat ‘n voorreg om skool op so spesiale manier te kon afsluit en die einde van ‘n hoofstuk so te kon vier.
Planne vir na matriek
Ek beplan om onderwys te studeer. My droom is om ‘n verskil te maak, ek weet eerstehands hoeveel dit beteken dat onderwysers in jou glo. Ek droom om eendag dieselfde vir kinders te kan doen.
Gunsteling woord in Afrikaans
Spontaan
Datum van matriekafskeid
2025-10-03