Leandri Pieterse
Bloemhof Gekombineerde Skool
Tuisdorp
Bloemhof Noordwes
Skool
Bloemhof Gekombineerde Skool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur Le Roux Couture in Klerksdorp, wat my droom perfek verstaan het en dit in 'n tydlose, elegante rok omskep het.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was my liefde vir die plaaslewe - die eenvoud, die stilte, en die skoonheid van die natuur. Ek wou hê my rok moes daardie gevoel vasvang: vry, eg en vol lewe. Die donkerblou simboliseer vir my die diepte van die hemel ná 'n reënstorm, en herinner my daaraan dat daar altyd lig ná moeilike tye kom. Ek wou iets dra wat nie net mooi is nie, maar ook iets sê oor wie ek is - 'n meisie met 'n sagte hart, groot drome en 'n liefde vir die grond onder haar voete.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok simboliseer vir my balans tussen grasie en gemak, tussen styl en selfvertroue. Dis hoekom ek dit saam met sneakers gedra het. Dit wys dat ek nie iemand hoef te wees wat ek nie is nie; ek kan gemaklik wees, lag, hardloop, dans en steeds mooi wees. Die rok herinner my daaraan dat ware styl begin waar jy ophou probeer om in te pas, en net eenvoudig jouself is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was die oomblik toe ek in my blou rok langs die John Deere trekker gestaan het, omring deur mense wat saam my geglo het in my drome. Ek wou iets anders doen, iets wat niemand sou verwag nie. Baie meisies droom van kastele of motors, maar ek wou wys dat mooi ook op die plaas kan leef -tussen stof, son en staal. Dis daai een sekonde waar tyd net stil staan - jy voel trots, mooi en vol dankbaarheid. Ek het besef dis meer as net 'n aand van glans; dis die afsluiting van jare se harde werk, lag, trane en groei. Daai gevoel van "ek het dit gemaak op my eie manier" - dit was my hoogtepunt.
Planne vir na matriek
Ek beplan om verder te studeer om 'n Geoktrooieerde Rekenmeester (CA) te word. Ek glo dat harde werk, geloof en deursettingsvermoë enige droom moontlik maak.
Gunsteling woord in Afrikaans
Leef
Datum van matriekafskeid
2025-07-25