Vivia van Deventer

Hoërskool Garsfontein

Tuisdorp

Moreletapark

Skool

Hoërskool Garsfontein

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Sonja Lombard

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was Zendaya se ikoniese 1996 Versace-rok — ’n tydlose kombinasie van styl en vroulikheid. Ek wou iets dra wat elegant is, maar tog ‘n unieke weerspieëling van wie ek is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is vir my ’n simbool van self liefde en selfvertroue. Die kleur van bruine is anders en uniek .. aards wat my voete plat op die aarde hou. Brons/bruin komplimenteer my gelaat & pas ook in by die kleur skemas van die Garsie MX afskeid, wat Boho Chic was!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Daardie oomblik toe ek uitstap en besef - dis my tyd om te straal. Alles het saam gevloei – my rok & my glimlag wat saam geskitter het en die gevoel dat ek regtig my laaste skoolhoofstuk in styl afsluit.

Planne vir na matriek

Ek beplan om in sielkunde te studeer, want ek glo daar is krag daarin om ander te help om hulle self te verstaan, genees en te groei – net soos ek self moes groei op geestelike & emosionele vlak om doelgerig te kan lewe.

Gunsteling woord in Afrikaans

Daar is baie woorde, maar “Lig” staan uit – want die Here is my Lig. Hy het my deur elke seisoen gedra en is die Lig op my pad. Sy Lig gee my krag, vrede en vreugde om altyd helder te skyn – ongeag wat voorlê. Ek het my oomblik gehad om in die kollig te skyn, maar Sy Lig sal altyd die helderste skyn.

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media