Mickè Britz

Hoërskool Melkbosstrand

Tuisdorp

Melkbosstrand

Skool

Hoërskool Melkbosstrand

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Tracy’s bridal gowns, Tracy Goodchild

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My pa, die inspirasie van my matriekafskeidrok. Op die ouderdom van vier het ek hom aan kanker verloor. Hy het altyd vir my rooi rokkies gekoop en gesê hoe pragtig ek daarin lyk. Hierdie rok is my eerbetoon aan hom.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is 'n simbool van liefde, die liefde wat my pa en ma vir my gegee het. Die rooi kleur verteenwoordig hierdie liefde, 'n herinnering aan die rooi rokkies wat my pa altyd vir my gekoop het. Die rok se elegansie openbaar my as 'n persoon, wat my vrymoedigheid, uitgaande persoonlikheid en selfstandigheid weerspieël.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die aand was ongetwyfeld toe ek my skoene kon uitskop en saam met my vriende die dansvloer oorheers.

Planne vir na matriek

Ek beoog om my onderwysgraad te gebruik om in die grondslagfase te spesialiseer, terwyl ek terselfdertyd met 'n agentskap saamwerk om jaarliks oorsee te reis en in verskillende lande skool te hou. Dit sal my toelaat om die wêreld te verken terwyl ek my loopbaan ontwikkel.

Gunsteling woord in Afrikaans

Letterlik

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media