Tineke Louw

HMS La Rochelle

Tuisdorp

Paarl

Skool

HMS La Rochelle

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die maak van my rok was 'n spanpoging tussen my en my ma. Ek het al die blommetjie-details gehekel terwyl my ma die rok self gemaak het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd 'n elegante, groen rok gehad het. Ek is baie lief vir hekel en wou graag 'n rol speel in die maak van my rok. So het ek besluit om die fyn details op die bostuk van my rok te hekel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok verteenwoordig my kreatiewe persoonlikheid. Ek is baie trots op my rok en ek kon nie mooier gevoel het op die dag van my matriekafskeid nie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ek het dit geniet om te sien hoe al die verskillende aspekte van die dag bymekaar gekom het om 'n pragtige prentjie te skep. Die rok, my hare, my grimering, die kar, alles het saam gewerk. Dit was ook fantasties om al my vriende in hulle rokke te sien en om saam met hulle te dans.

Planne vir na matriek

Ek gaan BSc Aardwetenskap by Stellenbosch studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Gogga

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media