Anaïs Huyser

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hemels

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die see, die son en skulpies is die hartklop van my inspirasie. Dit is my wêreld, my asem. Van kleins af was ek my pa se “little mermaid” en steeds vind ek my vreugde tussen die golwe. Ek leef vir die stilte en misterie van diepsee-duik en my droom om in Desember ’n seereddingkursus te voltooi, spruit uit daardie onblusbare liefde vir die oseaan. Saam met my ouboet vang ek graag diepseevis en in daardie oomblikke voel ek die see as deel van my wese. Elke steek van my rok dra hierdie verhaal; dit is ’n weerspieëling van wie ek is, ’n fluistering van die oseaan wat my siel altyd huis toe roep... en toe vir n bonus, wys ek bietjie been ook!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok, perfek soos ’n tweede vel, weerspieël my onblusbare liefde vir die oseaan. Dit beteken ek kon skitter net soos die oggendsonnetjie se glans op die onvoorspelbare oseaan!

Datum van matriekafskeid?

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media