Rolien Swanepoel

HTS Witbank

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Finominaal

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Wanneer ek n matriekafskeid rok gesoek het, het ek vir n rok gesoek wat sal beklemtoon wie ek aan die binnekant is; n elegante 'disco ball'. Ek het n rok gesoek wat my selfvertroue op sal bou en wat sal wys hoe Rolien tenvolle is onder die kollig. My inspirasie was om eenvoudige skoonheid te wys terwyl alle aandag steeds na my getrek word, want wie wil nie daardie oomlik van stilte hê wanneer jy in n vertrek in stap nie. Ek wou aan mense wys dat hierdie stil dogtertjie n paar kniëe lam kan maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeid rok sit my in n sprokies verhaal; wanneer ek in hom klim smelt hy saam met my lyf en transformeer my in n prinses. Elke meisie wil gesien word en my rok laat my selfversekerd en gemaklik voel om na gestaar te word. My matriekafskeid rok is n herrinnering aan die harde werk wat ek deur my skool jare ingesit het en gegroei het as n persoon. Om te skitter is net n plesier en my rok skitter in alle opsigte soos n trofee, aan die einde van alle harde werk na 12 jaar, waarvoor ek altyd dankbaar sal wees.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media