Anje Pitzer

Hoërskool Montana

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Montana

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Claris by Gerrit Pienaar.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

“Die droom wat ek van kleintyd af gehad het, het waar geword.” Vandat ek ’n klein dogtertjie was, het ek altyd gedroom van die oomblik wanneer ek my matriekafskeidrok sou aantrek ,die rok wat nie net ’n kledingstuk is nie, maar ’n simbool van my drome. Hierdie rok is geïnspireer deur tydlose elegansie. Elke blink detail, elke sagte vou en elke sprankelende steentjie op my rok vertel ’n storie, my storie. Dis die perfekte weerspieëling van wie ek is: vol lewe en gereed om my eie pad vorentoe te stap. Matriekafskeid is nie net die afsluiting van ’n hoofstuk nie, dit is die begin van iets nuuts en mooi. Vandag leef ek die droom waarvan daardie klein dogtertjie altyd gedroom het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my baie meer as net ’n aandrok. Dis die resultaat van maande se drome en liefde tussen my en my ma. Ons het saam die detail uitgedink , van die styl en stof tot die laaste sprankel ,en elke besluit het ons nóg nader aan mekaar gebring. Hierdie rok is vir my ’n herinnering aan ons reis: die opgewondenheid, die lag en die liefde wat daarin is. Dit simboliseer nie net my groot aand nie, maar ook die ongelooflike band tussen my en my ma.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek my pa se glimlag sien terwyl ek instap en hy vir my sê ek lyk baie mooi. Daardie woorde en sy trots sal ek vir altyd onthou.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om BCom Rekeningkunde te studeer by Universiteit van Pretoria in die CA-rigting. Ek hou van uitdagings en glo hierdie pad sal my help om my drome te bereik.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lekker

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media