Taliaah Lonte
Hoëskool Upington
Tuisdorp
Upington
Skool
Hoëskool Upington
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Stephen Van Eeden
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het nie 'n spesifieke voorbeeld gehad van hoe ek wou hê my matriekafskeidrok moes lyk nie, maar ek het geweet ek wou iets hê wat elegant, uniek en vol lewe is. Toe ek die finale rok sien, het dit my asem weggeslaan. Ek was so dankbaar en bly om te sien hoe Stephen Van Eeden my drome in iets ongelooflik verander het. Die rok het my selfversekerd en mooi laat voel. Presies soos ek wou voel op so 'n spesiale aand.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Hierdie rok beteken vir my baie meer as net 'n mooi uitrusting vir my matriekafskeid. Dit simboliseer vir my 'n afsluiting van 'n belangrike hoofstuk en die begin van 'n nuwe een. Toe ek dit aantrek, het ek gevoel ek kan regtig myself wees elegant en vol lewe.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hele dag was so spesiaal, maar toe ek my rok aantrek en besef dis presies hoe ek dit wou hê, was 'n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.
Planne vir na matriek
Ek beplan om Somatologie by Isa Carstens in Stellenbosch te studeer, waarna ek baie uit sien.
Gunsteling woord in Afrikaans
Bitterlik
Datum van matriekafskeid
2025-10-03